33 Vrae aan Laurika
Ek het soms ‘n aweregse sin vir humor. Ek hou veral van slapstick, camp en slim humor.
My man, kinders, kleinkind, ons huis, die mense saam met wie ek al vir baie jare werk, kuier met vriende en familie, road trips, Hoëveldse storms.
Hip hop!
Jakaranda blou. Dis ‘n kombinasie van Lila en ligblou.
Moenie probeer om perfek te wees nie, maar wees eg (real). Dis die beste wat ‘n mens kan doen.
Aai-Aai die witborskraai
Ek was maar altyd met musiek besig. Toe die geleenthede kom, was ek gereed.
Ek fokus net op die liedjie of die vertoning waarmee ek besig is.
Ek sou graag nog ‘n album wil maak – ek het klaar idees daarvoor – nog ‘n bietjie oorsee gaan optree en aanhou optree in ons land. Optredes is my eerste liefde.
Hulle het vir my altyd rondgery na die plekke waar ek sou optree, niks was ooit te veel moeite nie en my op subtiele maniere gehelp om bewustelik te ontwikkel as ‘n uitvoerende kunstenaar.
Daar is nie ander professionele sangers nie.
Ek sou in die tegniese sy van my beroep, soos beligting, wou gewerk het, maar ek weet nie of ek die fisiese stamina vir die uitdagings verbonde daaraan sou kon gehad het nie.
Die klavier
Daar is nie so iets nie
Ek kan ‘n skaapboud goed gaarmaak.
Ek was al aan die werk as professionele aktrise in die sewentigs, toe ek weer klavierlesse begin neem het by mevrou Joyce Cooper in Pretoria. Ek was besig om ‘n nuwe stuk in te studeer vir my les, en sy het vir my ‘n tegniek probeer illustreer. Die manier waarop sy haar hand en vingers op die klawers gesit het, was vir my ‘n oomblik van waarheid – ek sal dit nooit vergeet nie.
Die kitaar. So dikwels begin ‘n loopbaan met drie of vier akkoorde op die kitaar! (Vra maar vir Ed Sheeran!)
Ek het as ‘n kind baie opgetree by eisteddfods (musiek en dramakompetisies), in ‘n koor gesing en later op dramaskool het Rina Botha vir my geleer om ‘n gedig (teks) te interpreteer. Eers nadat ek professioneel begin sing het het ek vir 10 jaar sanglesse by Sarie Lamprecht geneem. My grootste opleiding was egter in die ‘doen’.
Ek dink toe Kinders van die wind ‘n treffer geword het het ek daardie besef gekry – dat ek dalk ‘n loopbaan uit ligte musiek sou kon maak.
Francoise Hardy, Georges Moustaki, Bob Dylan, Joan Baez, klassieke musiek, Cat Stevens – daar is so baie.
Eers soek ek liedjies, dan begin ek en my regisseur deur die repertoire te sif en besluit oor die finale liedjielys. Die toonaarde word bepaal en die liedjies word daarna verwerk. Ek kry vooraf ‘n basiese ‘midi’ opname van die liedjies sodat ek kan oefen daaraan. Wanneer almal gereed is, begin ons die ritme opnames (klavier, bas en tromme) in die ateljee te doen. Dikwels neem ek die liedjies op wanneer al die instrumentasie nog nie by is nie. Ons doen die stemopnames. Die finale instrumentasie word bygesit. Ons begin daarna werk in die ateljee aan die ‘skoonmaak’ en verfyning van die snitte. Die liedjies word in die ateljee gemeng en dan gemeester. Voila! Dis klaar!
Dis maar nog dieselfde, behalwe dat rekenaars meer gesofistikeerd is en heeltemal oorgeneem het. Die meeste van die opnames word digitaal gedoen in teenstelling met die analoog opnames van vroeër.
Ek konsentreer maar altyd net op die werk voor hande en probeer dit so goed vertolk as wat ek kan. Watter effek die werk op mense gaan hê, kan ek nie bepaal nie.
Die eerste keer wat ek in ‘n ateljee gegaan het om op te neem, was vir Kinders van die Wind. Dit was by die Foxstraat ateljees van Gallo. Ek sou graag wou komponeer, maar ek komponeer nie. (Ek kan egter woorde toonset, want die woorde het reeds die melodie daarin opgesluit.) Dis ‘n besonderse talent om goeie liedjies te kan skryf – of dit 2 ure of 20 dae neem.
Op die verhoog: ‘n Sure en in die ateljee – ‘n Sennheiser
Om slaap in te haal en dinge te doen wat niks met my werk te doen het nie.
Ek luister baie min na my vorige werk.
Saam met die musiek wat speel.
Oom Hannes Uys, my ouers, Rina Botha, Sarie Lamprecht, Robin Malan, Taubie Kuschlick.
Op 1 November
Die geboorte van ons kinders, die geboorte van ons kleinkind en toe ek ‘n Koala-beertjie kon vashou.
James Turell
James Turrell is ‘n Amerikaanse kunstenaar wat met lig werk. Ek is al baie jare ‘n volgeling van sy sonderlinge werk. Ek het ook die voorreg gehad om in 2005 na een van sy uitstallings te gaan kyk in IVAM, Valencia. Ek dra dit wat ek daar beleef het binne-in my elke dag. Hier is ‘n onderhoud met James Turrell om te lees en te geniet:
Ek het dit gaan haal by:
http://www.conversations.org/story.php?sid=32
Gaan besoek gerus sy Facebook bladsy:
https://www.facebook.com/JamesTurrellArt/?fref=ts LR