
Vanaand se maan
Nag loop sy paaie
Duisternis kry sy sin
Geluide word lawaaie
Want die nagstilte het begin
Ver-af skreeu ‘n kiewiet rou
‘n Jakkals kreun sy klag
Refrein:
En vanaand se maan
Is ‘n hartseer maan
Is ‘n spierwit maan
Vanaand se maan is mooi
Nag loop sy paaie
Duisternis gaan sy gang
Die donker word nou baie
En die baie maak bang
Nag se swart maak dood die lig
Die dag sterf in ‘n ster
Refrein x 1
Brug:
Want vra maar die maan as hy so lyk
Hoe dink ek nog aan jou
Vra hom of hy hartseer is
Want hy kan ook onthou
Donker word ligter
Dag se son breek die nag
Die aarde word stil wakker
Want die son sê: “Dit is nou dag”
Twaalf ure se fel verlang
Voor nag jou weer omvou
Refrein:
En dan’s…vanaand se maan
Weer ‘n hartseer maan
En ‘n spierwit maan
Vanaand se maan…
Vanaand se maan is dan weer mooi
Woorde en Musiek: Jeanette Cilliers
Uitgewer: Popps Musique 1999 /SAMRO
