‘n Lekker verlang liedjie

Los my alleen – laat my begaan
Ek soek stilte met my boek en die man in die maan
Buite, in die donker, sing ’n eensame kriekie
’n Lekker verlaaaaaaang liedjie

Ek sit die radio aan – om te vlug van my vrese
Die omroeper sê: “ dis u eie keuse -
En vir Hantie van Hopetown en André en Vicky
’n Lekker verlaaaaaaang liedjie

Refrein:
’n Lekker verlaaaaaaang liedjie
Streel die seerplek in my hart, in my hart – ’n bietjie
Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie
En ’n lekker verlaaaaaaang liedjie

Dis Sondagoggend – ek stap langs die see
Die wind waai my in by ‘n klein strandkafee
Ek sê: “’n tafel vir een en ‘n Coke met ’n rietjie
En ’n lekker verlaaaaaaang liedjie ”

Refrein

Brug:
Daar sit ek en peins oor geloof, hoop en liefde
Oor wat was en wat is en wat môre sal wees
Ek stap terug na my kamer – terug na my stilte
En die kriek langs die ruit – en ’n boek om te lees – en

Refrein x 2

En ’n lekker verlaaaaaaang liedjie x 2

Woorde en Musiek: Kalla Bremer & Don Clarke
Uitgewers: Popps Musique/Monkeyshine Music