Karoonag

Nie beskikbaar nie

As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld
En die diereriem sy blink tot teen die Skerpioen laat lê
As die Tweeling en die Kreef
Kotteljons oor Beaufort-Wes
En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet
Refrein:
Ruik jy katbos en kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand (x2)

In die môre as dit blou word
En die amber wolke roer
As die son sy eerste lig
Oor die bitterboela stoot
As die trein by Noupoort fluit
En dit wegraak in die wind
En ‘n tolbos iewers vaswaai teen die rant

Refrein (x2)

Woorde en musiek: Coenie De Villiers
Uitgewer: Song Wrights Publishers

Verskyn op:
Laurika op versoek
Grootste treffers Volume 1

Laurika op Versoek