Jy is hier Geliefde my

Dis onwaarskynlik dat ek eendag
Hierdie oomblik sal vergeet
Tussen al die ander wat ‘n leeftyd genereer
Hierdie een op ‘n Vrydag – kwart oor twee
Hierdie een skryf ek neer

Refrein:
Want jy staan voor my deur
Met ‘n hoed en ‘n jas
En jy sê deur wind en weer tot hier
was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets
En langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry:
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly

Dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai
Dat jy hier gaan kom draai
Wat nog te sê van stil kom staan
Sonder om weer te gaan
Ek het gewonder, maar kon nie weet nie
Ek moes dit los, maar kon nie vergeet nie
So, hierdie dag skryf ek neer

Refrein
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly
Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly

 

Woorde en Musiek: Lize Beekman
Uitgewer: In MS SAMRO/ © Lize Beekman 2012