
Die stout kat
Ons kat was gister drie jaar oud
En oom Servaas beweer
Dis oud genoeg om kattekwaad
Nou eenmaal af te leer x 2
En tog, dit spyt my om te sê
Ons kat is regtig stout
En traak nie as ‘n mens hom knor
Oor een of ander fout x 2
Herhaalde male sê ons hom
Jy moenie muisies moor
Nog minder mossies maar verniet
Die stouterd wil nie hoor x 2
Ons het al oom Servaas gevra
Mismoedig wat te maak
Hy skud sy kop en sê dit is
Nogal ‘n lastige saak x 2
Ons weet dit is, ons moet maar nou
Van vooraf weer probeer
Om in sy vierde jaar ons kat
Van kleins af weer te leer x 2
Dan sal hy later, ag ek weet,
Dit sal bra moeilik gaan
Nie meer geniepsig met sy klou
‘n Klein swak muisie slaan x 2
Nie meer loop skuil soek in die gras
Om voëltjies te bekruip
En as hy nie wil hoor nie …
Sal ons oompie hom versuip!
Woorde en Musiek: C. Louis Leipoldt/ Laurika Rauch
Uitgewer: Chris Torr Music
