
Ilse van Hemert is ‘n uiters besonderse regisseur. Om saam met haar aan Laurika op Nagskof te werk, het my met spronge laat groei as uitvoerende kunstenaar. Ek het egter dikwels tydens repetisies gewonder of ek regtig in staat was om te voldoen aan die uitdagings wat sy aan my gestel het. Ek moes byvoorbeeld toneel speel, baie fisiese komedie doen en afgesien van sing, ook beweeg en in ensemble met Philip Moolman werk. Die eindproduk was blykbaar suksesvol (Barry Hough het ‘n gunstige resensie geskryf) en die uitdaging was vir my die moeite werd. LR