Terwyl ek en Jannie du Toit elke aand steeds vol gehore getrek het by die Club 58 in Hillbrow (ek dink die speelvak het 6 maande geduur), was daar die ‘tweede golf’ van presies 10 jaar later aan die gebeur, by die Black Sun – ‘n katspoegie daarvandaan. Dit was interessante tye in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek. LR