Ware liefde

Nie beskikbaar nie

As die weerligstrale
Oor die golwe dans
En die swart van die nag
Ophelder tot middernag blou

Dan verbrokkel
‘n ieder en laaste skans
Wat ek opbou
Teen die verlange na jou

Wanneeer stadsgeluide
Die blou lug in styg
En voetgangers
Hulle weg deur strate baan

Dan is hartseer stom
Die verlange maak my stil
Want ek weet nou
Sonder jou sal ek ophou bestaan

Al is ek alleen
Is my drome aan jou weggeleen
Vir jou sal ek wag
Deur die ryp van ‘n winterseisoen
Want vir my is dit ware liefde
Wat ewig waar sal bly

Al is ek alleen
Is my drome aan jou weggeleen
Vir jou sal ek wag
Deur die ryp van ‘n winterseisoen
Want vir my is dit ware liefde
Wat ewig waar sal bly

Is dit ware liefde
Wat ewig waar sal bly

Woorde en Musiek: Kupido
Uitgewer: Panorama

albums1

In duet
Laurika Amptelik
An English collection
’n Versameling
Gunstelinge
Die reis
Wals, wals Willemien
Laurika Rauch sing die liedjies uit Stuur groete aan Mannetjies Roux
Tweeduisend-en-tien!
n Lekker verlang liedjie
Chris se trefferliedjies
Die nuwe trefferalbum
My ou tante Koba
Vier seisoene kind
Hei, mevrou Brown (dit gaan goed)
19 Treffers van 21 jaar
Die mense op die bus
The Brel album
Grootste treffers Volume 2
Hot gates
Die gang
Grootste treffers Volume 1
Stuur groete aan Mannetjies Roux
Encore! Laurika
Laurika op versoek
Jy is te dierbaar
Vir jou
‘n Jaar in my lewe
Debuut