Sonder seile teen die wind
Die boot wat in die see verdwaal
Die wind wat deur die branders maal
Sonder seile teen die wind
skommel ons
Sonder om mekaar te vind
In die waters wild kan ons versink
In die donker see sal ons verdrink
Sonder seile teen die wind
skommel ons
Sonder om mekaar te vind
Ons roep uit teen die woeste reën
Waar gaan ons in die warrel heen?
Sonder seile teen die wind
skommel ons
Sonder om mekaar te vind
Kan ons weet of sal ons raai
Hoe vind ons ooit ‘n kalm baai
Sonder seile teen die wind
skommel ons
Sonder om mekaar te vind
Sal ons ooit die land kan haal
Is ons in die see verdwaal
Sonder seile
skommel ons
Op die rotse lê ‘n wrak
Met ‘n mas twee keer geknak
Sonder seile teen die wind
moes ons skommel
Sonder om mekaar te vind
Woorde en Musiek: Pieter J. Swanepoel / Peter McLea
Uitgewers: Select Musiek Uitgewers / Fx Music