Sê dit

Sê dit in ‘n brief, sê dit in ‘n woord
Sê dit in ‘n sin, die digterlike soort
Sê dit as dit reën, sê dit as dit hael
Sê dit as die donker daal

Sê dit in ‘n kyk, sê dit in ‘n lag
Sê dit op ‘n wilde onweersdag
Sê dit in ‘n traan, sê dit in ‘n sug
Sê dit as die donker vlug

Tussenspel

Sê dit in ‘n woud, sê dit op ‘n strand
Sê dit as die wêreld om jou brand
Sê dit in die lig van ‘n katedraal
Sê dit as die donker jou kom haal

Sê dit op ‘n berg, sê dit in ‘n kloof
Sê dit as die stilte jou beroof
Sê dit in die nag as die sterre jou verblind
As die donker jou uiteindelik vind
Sê dit vir my

Tussenspel

Sê dit in ‘n woud, sê dit op ‘n strand
Sê dit as die wêreld om jou brand
Sê dit in die lig van ‘n katedraal
Sê dit as die donker jou kom haal

Sê dit op ‘n berg, sê dit in ‘n kloof
Sê dit as die stilte jou beroof
Sê dit in die nag as die sterre jou verblind
As die donker jou uiteindelik vind
Jy gaan by my bly x 2

Woorde en musiek: Emile Minnie
Uitgewer: Emile Minnie T/A French Music