Nog voor ek jou geken het
MP3 Skakel
Nog voor ek jou geken het
was ek lief vir jou.
Voor ek jou hart gewen het
kon ek jou onthou.
Belaglik, maar ek sê net
as ek kon, dan sou ek nou
net vir ons kastele in die wolke bou.
Nog voor ek jou geken het
was ek al gereed
om al die donker jare
vinnig te vergeet.
En as my lewe klaar is
kan jy dit verseker weet:
al my tyd saam jou sal ek nooit kan vergeet.
Refrein:
Die son en die maan
sal dit bitter mooi verstaan
want die een mis die ander
as hy sak en sy opgaan.
Net verseker, ek weet dit, so kom ek sê dit net:
was verlief nog voor ek jou geken het
was verlief nog voor ek jou geken het.
Nog voor ek jou geken het
het ek jou gemis.
Ons lewe bymekaar tot
ons eendag oud is.
Jy weet ek’s altyd daar, sê my net -
sal jou uit die donker red.
Was verlief nog voor ek jou geken het.
Refrein:
Die son en die maan
sal dit bitter mooi verstaan
want die een mis die ander
as hy sak en sy opgaan.
Net verseker, ek weet dit, so kom ek sê dit net:
was verlief nog voor ek jou geken het.
Was verlief nog voor ek jou geken het.
Woorde en Musiek: Johan Oberholzer
Uitgewer: Coleske Artists c/a David Gresham Publishing