Lied van die lappop

Ek is die lappop wat nie praat
En maak net op jou liefde staat

Saans lê ek blind en stil en doof
En lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
Word met jou weggaan koud en styf

Sonder jou hulp kan ek nie loop:
Jy het my sommerso gekoop

En sal my nog een Guy Fawkes-nag
Goedsmoeds verbrand en daaroor lag.

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde fees

*Teks aangepas ter wille van toonsetting
Woorde en Musiek: Ingrid Jonker /Marshall Harmse
Uitgewer: Ingrid Jonker Trust (DALRO)/The Urban Rhythm Factory