Kom sny die papaja (circa 2002)

Refrein:
Kom sny die papaja
Breek stukkend die son
Om die goudgeel vreugde te ruik
Gryp bondels swart pêrels
Uit die suikersoet skatkis
Vir die nuwe son se gebruik
Vir my is die somer soos ’n groot papaja
Vol kleure en geure so soet
Vol warmte en geelheid en blinkpit beloftes
In elke persoon wat jou groet

Refrein

Vir my is die somer soos ’n groot papaja
Wat sy reuk deur die kamer versprei
Niks anders op aarde se geur kan juis dit sê
Ek’s sonsoet en jy kan my kry!

Refrein

Vir my is die somer soos ’n groot papaja
Vol kleure en geure so soet
Vol warmte en geelheid en blinkpit beloftes
In elke persoon wat jou groet

Refrein

Woorde en Musiek: Alet Engelbrecht / Laurika Rauch
Uitgewer: Select Musiek

Verskyn op:
Vier seisoene kind

Ander interpretasies: Circa 1988