Kaalvoet begin dans


Sing saggies vanaand, sing saggies vir my

Sewe dae maak ‘n volle week en vier daarvan ‘n maand
ek klou nog so styf vas aan jou woorde van gist’raand
jou voete op ‘n soektog vir jou siel om rus te vind
jy’t die lyf van ‘n groot man, maar in jou hart is jy ‘n kind

Refrein:
En ek wil kaalvoet begin dans
in die reën van ‘n someraand
terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing
tot ‘n nuwe dag begin
maar ek weet – jou voete sal nooit rus

Sing saggies vanaand, sing saggies vir my
Jy los my met beloftes, in my Novilon-kombuis
met foto’s en gedagtes in my hart se liefdeskluis
en briewe in die posbus wat dae lank vir my wag
en Sondae sal ek hul gaan haal en opbly deur die nag

Refrein:
Om tot siens te sê is moeilik maar soms maak dit jou vry
en dis nie altyd maklik nie – om met jou hart se weet te bly
ek hoor nog jou kitaar in die hoek van die Penny Bar
en die cover van ‘n Tom Waits tune – One from the heart

… terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing
tot ‘n nuwe dag begin
maar ek weet – jou voete sal nooit rus

 

Woorde: Christoph Kotze
Musiek: Christoph Kotze & Jaconell Mouton
Uitgewers: Christoph Kotze, © Coleske Artists (Pty) Ltd/In MS Samro © Jaconell Mouton