Huis

MP3 Skakel

Los jou dinge hier, ek kyk daarna.
Dan hoef ons nie verniet alles terug te dra nie.
Jou huis is waar ek is, weet jy dit nie?
Kom pak jou tasse uit want jy is veilig hier.

En waar ookal jy is, net daar is ek tuis.
Omskep hierdie hart, kom maak dit ‘n huis.
Die gange eggo steeds, as jy moet gaan.
Kom lê die dinge neer wat jy belangrik ag.

En al lek die dak, en die mure breek.
Die verf dop af in die skaduwee.
Die trappe kraak en die teëls is los -
liefde oorheers in hierdie huisie van ons.

Refrein 1:
Want die fondasie is vas: Dit begin as ek sink in jou soen sag
meer/ As jy my kom genees na ‘n lang dag
min/ Binne-in wat ek nog moet verduidelik
dis/ Hoe ek weet dat ek nou by die huis is,

nou by die huis is.

Daar is kamers waar ek nie meer ingaan nie.
Die lesse klaar geleer het ek saam gedra
maar daar’s ‘n tyd en plek vir elke deur.
Die donkerste vertrek kon my die meeste leer.

En al lek die dak, en die mure breek.
Die verf dop af in die skaduwee.
Die trappe kraak en die teëls is los -
liefde oorheers in hierdie huisie van ons.

Refrein 2:
Want die fondasie is vas: Dit begin as ek sink in jou soen sag
meer/ As jy my kom genees na ‘n lang dag
rus/ Waar jy is vir my siel my bewysstuk
dis /Hoe ek weet dat ek nou by die huis is,

nou by die huis is.

Brug:
Maak die vensters wawyd oop, dat die lig kan inkom
Leer jy nie jou les nie dis nie ‘n adres nie
Dis jou mense wat jou huis is.

Refrein 3:

Vas

Dit begin as ek sink in jou soen sag
meer/ As jy my kom genees na ‘n lang dag
min/ Binne-in wat ek nog moet verduidelik

dis/ Hoe ek weet dat ek nou by die huis is

Refrein 4:

Vas

Dit begin as ek sink in jou soen sag
meer/ As jy my kom genees na ‘n lang dag
rus/ Waar jy is vir my siel my bewysstuk

dis/ Hoe ek weet dat ek nou by die huis is,

nou by die huis is.

Woorde en Musiek: Marco van Deventer en Georic Lomas

Uitgewer: Coleske Artists c/a David Gresham Publishing