Hierdie keer

Kyk waar’s ons -
Hier’s jy weer
Na al die lange
Jare voor my deur
Kyk die aarde
Val alweer
Tuimelend
Uit die hemel neer

Refrein:
Hierdie keer gaan dit anders wees
Dis wat ek hoop – dis wat ek vrees
Hierdie keer gaan ek wyser wees
Want ek het ‘n boek of twee gelees

Het gedink
Jy’s moeg vir my
Het gedink,
Gedink
Ons is verby
Maar ek kan nou
Die ding verstaan
Dis hier met die son -
Dis weg met die maan

Refrein:
Hierdie keer gaan dit anders wees
Dis wat ek hoop – dis wat ek vrees
Hierdie keer gaan ek wyser wees
Want ek het ‘n boek of twee gelees

Het gedink
Jy’s moeg vir my


Maar ek kan nou
Die ding verstaan -
(dis) hier met die son -
(dis) weg met die maan

Refrein:
Hierdie keer gaan dit anders wees
Dis wat ek hoop – dis wat ek vrees
Hierdie keer gaan ek wyser wees
Want ek het ‘n boek of twee gelees x 2

Hierdie keer gaan dit anders wees

Woorde: Christopher Torr; L Rauch; Machiel Roets
Musiek: Machiel Roets
Uitgewers (Woorde): Chris Torr Music; Chris Torr Music; Ms Samro
Uitgewer (Musiek): Ms Samro