Ek roep jou naam


Deur die kortpad van my lewe
Deur die reis van my bestaan
Oor berge en deur stede
Word hierdie pad vir my gemaak

En ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Ja ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan

Ek raak soms bang as ek alleen is
As ek my hande soms laat sak
Ek raak bang as alles te veel raak
En hierdie wêreld my vasvat

Ja dan roep ek jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan
Ja ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan

Lewe om te vergewe
Om te aanvaar
Baklei vir my as ek weer sag raak
My bewaar…

As die son sak hier in Gauteng
En die nag weer vir my waai
Die sterre in die hemel
En ek die wêreld kan aflaai

Ja dan roep ek jou naam
En dan hoor jy
En jy verstaan
Ja ek roep jou naam
En jy hoor my
En jy verstaan

Lewe om te vergewe om te aanvaar
Baklei vir my as ek weer sag raak …

Woorde en musiek: Wouter van de Venter
Uitgewer: M/S SAMRO