Ek het ‘n huisie by die see

Ek het ‘n huisie by die see, dis nag
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag

Ek hoor die winde huil, ‘n kreun, ‘n klag
Soos van verlore siele in hul nood
Al dwalend, klagend, wat in graf en dood
Geen rus kon vind nie maar nog soek en smag

My vuurtjie brand my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan.

Woorde en musiek: F.A. Fagan/Laurinda Hofmeyr
Uitgewer: MS/Samro

Verskyn op:
Encore! Laurika
Stuur groete aan Mannetjies Roux
19 Treffers van 21 jaar