Ek en jy

As die son sak
As die winkels sluit
As die mense huis toe gaan
Die ander tuin nat spuit

As die nagskof wag
Die dagwag groet
As hy na die taxitou loop
Met sy plastieksakgoed

Brug:
As jy wil
As jy kan
As jy sou wou

Kom kuier by my

Refrein:
Ek en jy loop al lankal saam
Tyd stap deesdae net soos altyd aan…en aan
Daar’s altyd verandering
Daar’s altyd vir altyd
So daar’s nie verskonings nie
Jy weet mos hoe dit is…
Ek en jy (x4)

Bly net om die hoek
Werk ons altwee dood
Jy’t net so min tyd soos ek
Jy wil verdwyn, ek ook

Brug:
Jy weet jy kan
Jy weet jy is
Altyd welkom hier

Kom kuier by my

Refrein

Saam jaag ons agter die wind aan
Elke liewe dag
Saans is daar ’n amper tevrede engel
Wat vir ons lag

Ons was nooit so nie

Refrein:
Ek en jy loop al lankal saam
Tyd stap deesdae net soos altyd aan…en aan
Daar’s altyd verandering
Daar’s altyd vir altyd
So daar’s nie verskonings nie
Jy weet mos hoe dit is met…
Ek en jy loop al lankal saam

As jy weer kyk vlieg tyd na die maan

Woorde en Musiek: Karen Zoid / Dave Manchip
Uitgewer: MS /Samro