Dis lekker by die see

Nie beskikbaar nie

Die son is ‘n rooi November
Die lywe bruin Desember
Dis lekker by die see
Hier waar die winde branders gee

Die lywe swaai November
Die koppe draai Desember
Dis lekker by die see
Hier waar die winde branders gee

Op die strand, rooi verbrand
Ronde klippies in jou hand
Streepsambreel, ronde bal
Seesproei wat soos motreën val

Die son is ‘n rooi November
Die lywe bruin Desember
Dis lekker by die see
Hier waar die winde branders gee

Woorde en Musiek: Clarabelle van Niekerk/Reza de Wet
Uitgewer: Select Musiek Uitgewers/SAMRO.