
Die mense wat ek lief het
Refrein:
Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy
En loop ek deur die wêreld
- beskut teen die koue -
Die snoesigheid self:
Ek met my moskombersie
En as daar ‘n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
‘n Ekstra liefdeslaag om my
So marsjeer ek deur die wêreld
Gepantser teen die vuur
Die onaantasbaarheid self:
Ek met my menskombersie
Brug:
Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar ‘n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self:
Ek met my seerplek
Wat net nie wil genees nie
Woorde en Musiek: Stephan Bouwer / Anton Goosen
Uitgewers: Dalro / Gallo
Verskyn op:
Debuut
Laurika op versoek
Grootste treffers volume 1
Die nuwe trefferalbum
