Dans in die maanlig

Hande streel teen ’n bloeiselwang
Oë stip in sy kyk gevang
Ore swem in sy diep bruin stem
Rus haar kop op sy ferm ken

Brug:
Skryf ’n brief van die verre land
Strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen
Met dieselfde son wat jou warm soen

Koor (1):
En hul dans in die maanlig
Saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig
Dolgelukkig

Jaar na jaar en maand na maand
Vaag die beeld van daardie aand
Soek ’n ster in ’n nag so swart
Stadig klop haar gebroke hart

Brug

Koor (2):
En hul dans in die maanlig
Saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig
Dolgelukkig
Dieriedaai-jaai-dieriedoem
Dieriedaai-dieriedoemdaai
Dieriedaai-jaai-dieriedoem
Dieriedaai-dieriedoemdaai

Hande gevou op ’n moeselien lap
Oë toe asof sy net slaap
Ore stil in ’n verre land
Rus haar siel in die vreemde sand

Brug

Koor (2)

En hul dans…

Woorde en Musiek: Mynie Grové
Uitgewer: Mailbox Music 2001