Berge en dale

Amper in die wolke, amper bo
Onder lê die vlaktes van die Kamdeboo
Een of ander engel het verklaar
Berge en dale ontmoet mekaar

Hier is net ’n ligte bries wat waai
Dis onder waar die droë warrelwinde draai
Dalk is dit my siel wat nou bedaar
Berge en dale ontmoet mekaar (x2)

Ek wil in die stilte jou hoor sê
Die woede in jou hart het ook gaan lê
Ek het in die verte in gestaar
Berge en dale ontmoet mekaar

Netnou sal die middag die nag ontmoet
Berg en dal sal mekaar weer groet
Die een of ander engel het verklaar
Hemel en aarde ontmoet mekaar
(x6)

Die storm in my hart het weer gaan lê
Ek sal na jou terugkom as jy my wil hê
Dit is net die liefde wat ons kan red
Dit … is wat ons … te laat besef (x2)

Dis … net die liefde … wat ons kan red
Dit … is wat ons … te laat besef

Woorde en musiek: Christopher Torr
Uitgewer: Chris Torr Music