
Begin somer
(Vir Simone)
Begin somer en die see
‘n Oopgebreekte kweper
Die lug soos ‘n kind
Se ballon
Ver bo die water
Onder die sambrele
Soos gestreepte lekkergoed
Miere van mense
En die gul lag van die baai
Het goue tande
Kind met die geel emmertjie
En die vergete vlegsel
Jou mond is sekerlik ‘n klokkie
Kleintongetjie klepeltjie
Jy bespeel die son daglank
Soos ‘n ukelele
Woorde en Musiek: Ingrid Jonker/ Laurika Rauch
Uitgewer: Ingrid Jonker Trust/DALRO/ Chris Torr Music
Gedig uit: Rook en Oker 1963
