Aai-Aai

O, bokkie ek wil jou hê
Waar die grou-blou vlaktes lê
Waar die bakgat somerwinde saans
Jou uitnooi vir die dans

Waar die langlyf winde kil
Om die halfmensplante krul
Waar die Aai-aai kraai sy eiers lê
Wil ek jou net eers loop sê
Dat…

Refrein:
Aai-aai die witborskraai
Vlieg verby en maak ‘n draai
Aai-aai die witborskraai
Het halfpad mos toe omgedraai
Aai-aai kom teruggewaai
Stuur die groot see in sy maai
Namakwaland roep hom terug
Hier kom hy op die wind se rug

Raai waar is Aai-aai
Die wind die waai vir Aai-aai
Sy gees en hart is vry, vry
Bo lief en leed verby

O, bokkie ek wil jou sê
Waar die blou-blou berge lê
Waar die boggom rondomtalie gooi
En die boerbok spore strooi

Waar die Grootrivier sy loop
Deur die droë aarde knoop
Waar die kokerbome wortels maak
En die lug die hemel raak

Refrein herhaal x 2

Bokkie ek wil jou hê
Waar die grou-blou vlaktes lê
Waar die bakgat somerwinde saans
Jou uitnooi vir die dans

Woorde en Musiek: Anton Goosen
Uitgewer: Gallo

Verskyn op:
Debuut
Laurika op versoek
Grootste treffers volume 1
Die nuwe trefferalbum