
Die Sarie Tydskrif van vandag, was toe nog die Sarie Marais. Hierdie onderhoud was gedoen na die geboorte van ons dogter, Nina. Soos ek ook genoem het by die foto van my en ons seun, Simon, in 1984, het ek ons kinders nie baie aan die kalklig blootgestel nie. Waar Simon in die Ek wil vir Jou-video gesien kon word as ‘n vyfjarige, het Nina ook in ‘n video van my opgetree. Sy was die dogtertjie in die Die gang-video. Sy was toe ook vyf jaar oud! ‘n Kosbare herinnering. LR