1979 – Die Transvaler – Die ewolusie van die Afrikaanse lied

Hierdie artikel, deur Ronelle Loots, is gekryf gedurende daardie eerste opwindende maande van die Musiek en Liriek-konserte in die Laager van die Markteater. Die konserte het gebeur selfs voordat Merwede van der Merwe se reeks met dieselfde naam, in Augustus 1979 op die kassie begin wys het. Gehore het dit uiters genotvol gevind om met n glasie wyn in die hand, deel te wees van ‘n gehoor van sowat 80 mense wat hierdie ‘nuwe’ afrikaanse musiek so intiem kon beleef. Daar was verskeie reekse opvoerings wat hierna by die Laager plaasgevind het, met ander kombinasies van nuwe Afrikaanse kunstenaars. LR

Laai PDF af (PDF, 187KB)