Sasolburg: Laurika by die Etienne Rousseauteater

Sasolburg: Laurika tree vir Optog! by die Etienne Rousseauteater op

2019-07-26

Venue: Etienne Rousseauteater

Kaartjies: iTickets

Vir Laurika is dit ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by Optog! en sy sien geweldig daarna uit om hierdie pragtige inisiatief te ondersteun. Die uitgangspunt van Optog! is om gevestigde kunstenaars se musiek na die mense te neem – soms na kleiner plekke, waar die Kunstenaars dalk jare tevore laas opgetree het en waar die organiseerders sal help om toerusting weer in ere te herstel, en soms in gevestigde venues. Laurika se begeleiers op klavier is onderskeidelik Clinton Waring en Matthys Maree. Haar beperkte oplaag spesiale gedenkstel – ‘Laurika Rauch – 40 Jaar’ – wat bestaan uit 15 van haar albums – ‘n versamelaarsitem en ‘n erfstuk – sal ook by die vertoning te koop wees. Daar is ‘n baie beperkte hoeveelheid van die 1,000 oplaag nog beskikbaar.

Aanvangstyd: 19h00

Print Friendly, PDF & Email