Port Elizabeth: Laurika by die PE Operahuis

Port Elizabeth: Laurika tree vir Optog! by die PE Operahuis

2019-09-14

Venue: PE Operahuis, Port Elizabeth

Kaartjies: iTickets   

Dit gaan so lekker wees om weer in Port Elizbeth op te tree. Dis vir my ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by Optog!. Die uitgangspunt van Optog! is om gevestigde kunstenaars se musiek na die mense te neem – soms na kleiner plekke, waar die Kunstenaars dalk jare tevore laas opgetree het en waar die organiseerders sal help om toerusting weer in ere te herstel, en soms selfs in gevestigde venues. My begeleier op klavier is Clinton Waring. Die spesiale gedenkstel – ‘Laurika Rauch – 40 Jaar’ – wat bestaan uit 15 van my albums, in ‘n swart boksie verpak saam met ‘n mooi boekie – ‘n versamelaarsitem en ‘n erfstuk – sal ook by die vertoning te koop wees. Daar is min van die 1,000 beperkte oplaag nog beskikbaar.  

Aanvangstyd: 19h30

Print Friendly, PDF & Email