Oudtshoorn: Laurika by Surval Boutique Olive Estate

Oudtshoorn: Laurika tree vir Optog! by Surval Boutique Olive Estate

2019-09-04

Venue: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn

Kaartjies: iTickets   

Ek sien baie daarna uit om weer in Oudtshoorn op te tree. Dis vir my ‘n soort tuiskoms om betrokke te wees by Optog!. Die uitgangspunt van Optog! is om gevestigde kunstenaars se musiek na die mense te neem – soms na kleiner plekke, waar die Kunstenaars dalk jare tevore laas opgetree het en waar die organiseerders sal help om toerusting weer in ere te herstel, en soms selfs in gevestigde venues. My begeleier op klavier is Matthys Maree. Die spesiale gedenkstel – ‘Laurika Rauch – 40 Jaar’ – wat bestaan uit 15 van my albums, in ‘n swart boksie verpak saam met ‘n mooi boekie – ‘n versamelaarsitem en ‘n erfstuk – sal ook by die vertoning te koop wees. Daar is min van die 1,000 beperkte oplaag nog beskikbaar.  

Aanvangstyd: 19h30

Print Friendly, PDF & Email