Blou (Nuwe weergawe) - Met Loki Rothman

As die skemer kom En hy vang my by jou En hy stuur jou terug na jou huis toe Wie sou verstaan Hoe ek sou voel Wie sou verstaan Oral om, om my heen Is dit blou Want ek wil by jou wees Ek wil by jou wees
Vanaand

Tyd en plek
Bepaal wat gebeur
Niemand kan dit keer nie
Sê my wat’s reg
En wat is verkeerd
Wie sou bepaal?
Oral om, om my heen
Is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees
Vanaand

Refrein:
Alles is blou Alles is blou
Blou is die wolke
Blou is die maan
Blou is die venster waarby ek staan
Blou is my hart en
Blou my gedagtes
Blou om my heen
Alles is blou
Alles is blou
Alles is blou
Alles oor jou

As die skemer kom
En hy vang my by jou
En hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel
Wie sou verstaan
Oral om, om my heen
Is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees
Vanaand

 

Musiek & Liriek: André Swiegers

Uitgewer: Jeamile Music