2005 – Beeld – ‘Plakboek’ en koffie met Laurika in laatmiddaglig

Jackie Pienaar het met my die onderhoud gevoer by die gastehuis waar ek daardie jaar tydens die KKNK gebly het – ‘n paar kilometer uit die dorp uit. Daar was volstruise naby ‘n dam aan die oorkant van die pad en die laatmiddaglig het aan ons gesprek ‘n besondere atmosfeer verleen. James Turrell, die ligkunstenaar wie se inligting ek op my Gunstelinge-blad geplaas het, het vertel hoe sy ouma, ‘n Quaker-vrou, vir hom as kind aangesê het om by die tafel in die son te kom sit en die ‘lig te ontvang’.LR

Laai PDF af (PDF, 145KB)