2003 – DeKat – Laurika ‘n eenbedryf

Balkon by die KKNK in 2003 was ‘n byna magiese ervaring vir my. Daar was mense wat vir my na die vertoning gesê het dat hulle dit amper op ‘n geestelike vlak beleef het. Somtyds kry ‘n mens dit reg, altyd met die hulp van ander en van Bo, om ‘n vertoning ‘net reg’ te plaas en dan kry dit heeltemal ‘n lewe van sy eie, weg van die tasbare teenwoordigheid van die kunstenaars op die verhoog en die gehoorlid langs jou. LR

Laai PDF af (PDF, 311KB)