
Ek het soveel goeie herinneringe van die jare waarin ek by Huisgenoot Skouspel opgetree het. Skouspel het my as mens en kunstenaar tot op die droesem beproef. ‘n Mens moet goed wees in soveel dissiplines om te kan bybly en ‘n goeie vertoning te lewer. Soveel mense is betrokke en ons is almal inter-afhanklik van mekaar vir elkeen van die ses of sewe vertonings wat plaasvind oor ‘n tydperk van twee weke. Ek sal ook nooit die gehore vergeet nie. Wat ‘n voorreg om deel te kon wees van hierdie ervarings! LR