
Ek en Wessel van Wyk het in 1984 vir die eerste keer begin saamwerk. Ons het op die ou end vir bykans 8 jaar saamgewerk. Hy bly tot vandag toe een van my naaste vriende en ons het baie besonderse ervaringe saam gehad. In 1985 het ons ondermeer na Belgie gereis vir ‘n konserttoer, wat ook vir S-A televisie opgeneem was. Marius du Plooy was die regisseur van die dokumentere program, wat uitgesaai is onder die titel ‘Laurika in Belgie’.