
15 Mei, 1980
Raeford Daniel skryf ook oor Encore Brel! by die Chelseateater in die Chelsea-hotel aan die bo-punt van Esselenstraat in Hillbrow. Dit was die dae toe jy na die vertoning in Hillbrow kon rondloop en ‘n koppie koffie by die Café Wien kon gaan drink, of ‘n draai maak by Estoril Books of die Fontana. Dit was ook die Hillbrow waarvan Johannes Kerkorrel ‘n dekade later sou sing. LR